Search This Blog

Tuesday 10 April 2018

Agter geslote deure


Wanneer woorde faal
en stilte draal
is dit dalk tyd
om die oë te sluit,
en dinge na ons God te bring
wat in ons woordeskat indring.

Daar is so baie wat ons hoor
en mense kry die wind van voor,
maar ons Vader weet
van al ons leed
en te midde van onveiligheid,
bly Sy wil steeds onverstuit.

Petrus se deure was gesluit
met planke voor die ope ruit
waar hy die Jode wou ontvlug,
maar ook sy Goddelike plig,
toe Jesus daar aan hom verskyn
en maan om nie net te verdwyn.

Ons kan nie dat ons vrees ons keer
om God se woorde te probeer;
wanneer Hy sê dat Hy sal sorg,
is dit 'n beduidende waarborg,
en dan kan ons dit na buite waag,
want in Hom sal ons planne slaag.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment