Search This Blog

Monday 6 November 2017

Prayer warrior


There was nothing frail about her;
clad in the armour of a warrior,
as she lay propped up in her bed,
her cheeks all flushed and ruby red.

She called them up, one by one
as she put them all before the Son
Who gave His life to set them free
so they could live life fearlessly.

She mentioned sickness, pain and strife
as she pleaded for abundant life
for those she held dear in her heart
though their lives were torn apart.

She called temptation by its name
and begged that it be put to shame,
asked for wisdom in its place
for those who met it face to face.

This grey old girl, her body small
stood in her prayers erect and tall,
for she knew her Father’s loving care
would keep the ones mentioned in prayer.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)
'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

Sunday 5 November 2017

Vir wie soek jy?


Vandag wil ek met 'n opgestane Jesus se woorde voor jou kom staan en vir jou vra: "Vir wie soek jy?" Oorspronklik was hierdie woorde aan Maria Magdalena gerig toe sy Jesus se liggaam by die graf gaan soek het en nie gevind het waarna sy soek nie. Maria was ontsteld. Waarom sou enige iemand 'n lyk uit 'n graf verwyder - en dit boonop oor die paasnaweek? Sy het haar van die graf af gehaas om Johannes en Petrus te gaan roep. Haar God was weg en moes gevind word.
Johannes en Petrus het ook by die leë graf aangekom. Hul het egter tyd geneem om 'n paar dinge te observeer. Die doeke waarmee die lyk toegedraai was, was steeds in die graf. Dis agergelaat. So al asof dit nie meer 'n doel gehad het om te dien nie. Dat iemand die liggaam sou verwyder was alreeds vergesog, maar om dit eers te stroop van die doeke, was totaal ongehoord! Behalwe as jy dit in verband bring met Jesus se uitsprake voor Sy dood waar Hy hulle meegedeel het dat Hy uit die dood sou opstaan. Ons lees in Johannes 20:8 dat Johannes die doeke gesien het en geglo het. Daarna is hy en Petrus terug huistoe.
Maar Maria het buite by die graf bly staan en huil. Johannes 20:11
Twee engele verskyn toe aan haar en vra haar:
"Mevrou, waarom huil jy?" Johannes 20:13
Haar woorde is baie onthullend; Hulle (wie dit ook al mag wees) het my God weggevat van my en ek kan Hom nie opspoor nie (ad lib). Sy het van die engele af weggedraai om Jesus agter haar te sien staan. Sy het Hom nie herken nie. Kom ek maak dit duideliker. Ten spyte daarvan dat Hy die een was na wie sy gesoek het, het sy Hom steeds nie herken nie. Die omstandigehede het haar verblind vir Wie Jesus is.
Jesus vra haar toe: "Mevrou, waarom huil jy? Vir wie soek jy?" Johannes 20:15
Maria se verwarring oor God se identiteit is duidelik wanneer sy hom vir die tuinier aansien en vra of hy dalk die liggaam weggesteek het. Dis eers toe Jesus haar op haar naam aanspreek, dat sy besef met Wie sy te doen het. Sy antwoord Hom en spreek Hom aan as Leermeester. Ek dink nie dis 'n toevallige term nie, want in daardie oomblik van herkenning leer Maria iets omtrent haar God wat sy nooit besef het nie. Maria leer dat haar God, Jesus, nie onder mense se beheer is nie. Sy leer dat Jesus die stand van sake bepaal, en dat selfs die dood aan Hom ondergeskik is. Maria leer dat Jesus se mag verder as die dood strek. Maria leer dat Jesus leef.
Waarom deel ek hierdie bekende gedeelte vandag? Ek doen dit omdat ek diep bekommerd is. Ek doen dit omdat ek, soos Jesus, vir my mede-gelowiges wil vra: Vir wie soek jy?
Ons bevind ons vandag in 'n land waar die politiese, ekonomiese en sosiale probleme ons oorweldig. Ons leiers is dit net in naam en bied wynig oplossings. Goeie argumente kan ingebring word om die teendeel te bewys. Ons voel magteloos, moedeloos en sonder hoop. Vrees, angs en woede kenmerk die gemiddelde landsburger. Ons leef agter geslote deure, diefwering voor elke huis-opening, outomatiese ligte, alarms en kameras, buurtwagte, versekering en meer. Ons betaal belasting en sien geen goed daaruit vloei nie. Ons sien daagliks hoe mense om ons verarm en ons kan ons eie sente nie meer rek om al die gate te vul nie. Ek weet dit. Ek ken dit. Ek voel dit. Ek het empatie. Maar ek leef dit nie.
Wanneer ek die sosiale media blaaie oopmaak, getuig dit van vrees, angs, woede en depressie. Ek kyk na die name van die mense wat die posts share en like en ek sien dis my mede-gelowiges, dis mense wat Jesus ken en bely. En ek word bekommerd, want dit voel vir my asof hulle langs die graf staan en huil, soekend na Jesus. Hy is nie daar nie. Kyk langs die graf. Hy't opgestaan! Hy het oorwin. Daarna het Hy Sy Heilige Gees oor die gelowiges uitgestort en aan die regterhand van ons Vader gaan sit, om as Koning te regeer. God leef nou in jou en in my.
Waarom staan jy moedeloos langs 'n graf en soek 'n dooie God as Jesus opgestaan het en Sy Gees in jou geplaas het? Leef in God se oorwinning. As jy oor die sake van die dag praat, doen dit in gebed teenoor God, waar jou woorde wel 'n verskil kan maak. En los dit dan by Hom!
Jesus het nie gesterf dat jy in vrees, angs en woede moet leef nie. Hy het jou ook nie gestuur om die slegte nuus te versprei en mense daarvan bewus te maak nie. Inteendeel. Lees so 'n bietjie verder saam met my in Johannes 20:19
Alhoewel die deure gesluit was, omdat hulle bang was...
Klink dit bekend? Maar let op die woord alhoewel. Dit beteken ten spyte daarvan dat die deure gesluit was, het iets gebeur. In ons scenario vandag, dink ons oombliklik aan oortreders wat inkom, alhoewel die deure gesluit was, omdat ons bang is. Dis nie wat hier gebeur het nie. hier gaan die vers aan om so te lees:
... het Jesus gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: "Vrede vir julle!"
'n Soortgelyke insident het agt dae later weer plaasgevind onder dieselfde omstandighede en word aan ons vertel in vers 26. Ek weet jy's bang. Ek weet jou deure is gelsuit. Waarom het Jesus aan sy volgelinge verskyn agter geslote deure? Hy wou hê hulle moes weer hulle gesigte in die openbaar vertoon. Hy stuur hulle uit, soos wat die Vader Hom ook gestuur het. Was dit gevaarlik vir Jesus? Ja, hulle het Hom gekruisig. Het dit Hom gekeer om te doen wat die Vader van Hom verwag? Nee. En daarom is daar vir ons oorwinning. Daarom is daar vir ons lewe. Daarom is daar vir ons hoop. Daarom is daar vir ons genesing.
Daarom is ons toegerus met God se Heilige Gees.
Gaan dan nou uit, sluit oop jou deure, maak jou hart oop vir mense en gaan verkondig die goeie nuus van Jesus se opstanding uit die dood en Sy oorwinning aan die kruis. Moenie langer by die graf staan en huil nie. Vir wie soek jy? 'n Dooie God wie se liggaam deur mense rondgekarwy word, of 'n opgestane God wat jou nooi om vreesloos te leef, soos Hy self ook gedoen het?
Kyk na die opdrag in verse 22 en 23. Gaan vergewe mense se sonde en spreek hulle vry. Of roep hulle tot verantwoording. Dis wat God ook doen. Diegene wat hulle bekeer en hulle voor God verootmoedig, word vrygespreek en die res word tot verantwoording geroep. Hierdie is 'n geestelike saak. Jesus het nooit in 'n fisiese skermutseling betrokke geraak of die reg van die dag in eie hande geneem nie, ten spyte daarvan dat baie van Sy volgelinge gedink het dis presies wat Hy gekom het om te doen. Neem mense na Jesus en ons Vader in gebed. En leef in die oorwinning wat Jesus ten duurste vir jou aan die kruis bewerkstellig het.
... want God het ons nie 'n gees van vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. (2 Timoteus 1:7)
En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. (Filippense 4:7) 
Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld wees nie, en julle moenie bang wees nie. (Johannes 14:27)
Moenie soos Tomas daarop aandring om eers te vat en te sien voor jy Jesus glo nie (Johannes 20:25). Jesus het nog nooit iemand in die steek gelaat nie. Hy gaan nie by jou begin nie. Vertrou Hom.

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.