Search This Blog

Saturday 9 September 2017

Innerlike stryd


Vanoggend voel my menswees broos,
kom soek ek by my Vader troos
Ek het die hele nag weer rondgerol,
my lakens inmekaar getol.

Nes ek dink ek’s met dit klaar,
dan staan dit weer reusagtig daar
en dan begin ek weer te hoop -
ek dog ek is daarvan gestroop.

Moet ek hoop en moet ek glo,
of is hierdie ding dalk nie van bo?
Is dit iets wat ek eerder moet vermy,
iets wat my nog seerder sal laat kry?

Ek wens ek kon die antwoord weet,
moet ek onthou, of eerder vergeet
moet ek daarvoor bid, of eerder daarteen -
'n blik in die toekoms kan klaarheid verleen

My Vader staan buite plek en tyd
en by Hom is daar nie eensydigheid,
dus gee ek dit weereens aan Hom oor
en vra wat hou Sy wil vir my in stoor.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment