Search This Blog

Sunday 2 July 2017

Plig


Op 'n ry marsjeer ons af,
blink-lyf miere in gelid,
arbeiders met loon gestraf
sodat ons dinge kan besit.

Ons haas ons heen en weer
tussen huis, werk en plesier
terwyl ons goedere verteer,
verpak vir die verbruikersgier.

Ons rig die oog op vyf-en-sestig,
smag na ons geboortedag,
dan kan ons ons in die lewe vestig
en wat ons wil doen, begin jag.

Intussen offer ons elke dag op
aan 'n god wat nooit versadig,
maar ons ware God is raad-op
want ons kruip weg agter plig.

Die lelies en die mossies lag
in sorgvrye Godsvertroue,
geniet elke nuwe Goddelike dag,
onstpan rustig in hul God’s behoue.

As ek en jy dan meer gewig dra,
wat is die punt van ons bestaan?
Moet ons nie dalk na God se wil vra,
om die lewe uit Sy oog uit te verstaan?

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment