Search This Blog

Tuesday 18 July 2017

Op 'n sandduin


Neergesit op 'n hoë sandduin,
het ek gewens om te verdwyn,
om in die sandkors weg te raak
tot waar die lewe nie meer traak.

Tog wou die sand net nie meegee
al het ek dit om my weggevee;
uiteindelik was ek te uitgeput
en het moedeloos net daar bly sit.

Toe kom 'n wind en begin so waai
dat hy alles om my met sand besaai,
maar toe die wind uiteindelik bedaar,
kon ek alleen in verwondering staar.

Die wêreld om my het anders gelyk
en ek moes dit van nuuts af bekyk,
versteek onder die sand, was 'n rots
en hierteen het ek elke keer gebots.

Het jy gesnap die wind was die Gees
en die sand was my eie ek gewees,
en Jesus self was die ewige rots,
waarteen ek elke keer moes bots?

My eie gespook het my moeg gemaak
en ek moes eers my gespartel staak,
voor die Gees my van myself kon stroop
om my te wys Wie is die bron van hoop.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment