Search This Blog

Thursday 27 July 2017

Klop-klop


Ek wonder wie staan by die deur
en klop so aan my hart se seer.
Ek wonder of ek moet oopmaak
en hom innooi in die teer saak.
Miskien moet ek die kans maar waag
want my eie kragte lê bra laag.
Miskien as hy na binnekom,
sal hy my met wysheid kan verstom.

Ek maak die deur oop op 'n skreef,
want bang is in my ingeleef
en ek het nie meer hoop of moed,
maar glo makliker in sleg as goed.
Die Man op die drumpel verbaas my,
ek het nie verwag om Hom hier te kry;
ek het gedink Hy sou van my vergeet
aangesien Hy alles oor my weet.

Hy vra of Hy kan binnekom
en ek nooi Hom in, steeds verstom.
In Sy hande is 'n waterbak
waarmee Hy op Sy knieë neersak.
Hy vra my om rustig terug te leun
wyl Hy my met 'n voetwas seën
en toe ek weer my woorde kry,
vind ek my van my vuil bevry.

Ek kan getuig van veranderinge,
van vreugde, hoop en ander dinge,
van 'n lewens-ommekeer,
van nuut praat en dink en meer.
Maar eintlik wil ek jou net vra
of jy nie dinge het wat pla
en of jy nie ook Sy klop kan hoor?
Maak oop die deur! Begin weer voor.

An original poem by Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great product reviews, visit A Pretty Talent on Facebook.
If you are in a literary mood, follow Miekie's musings, stories and poetry on A Pretty Author - Miekie.
Remember to keep nurturing your TALENT for making life PRETTY.
You can subscribe to any of these blogs and receive regular updates by email. Simply register your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment