Search This Blog

Saturday 13 May 2017

Vertroue


Toe Jesus bid dat Hy Sy Gees aan U gee,
was dit met 'n intieme kennis dat die twee
van U 'n eensgesinde span uitmaak
in soverre dit mense se lewens raak.
Het Hy geweet Hy hoef geen beheer
oor Sy eie leef en sterf van U te weer,
dat in U hande, standvastig sterk,
berus op daardie oomblik 'n wonderwerk
waarmee U die eeue-oue mensdom
met U liefde en genade sou verstom.

Kan ek dus ook my gees in U hande plaas
in nabootsende Jesus-vertroue dat oplaas
sal U wat vir die mensdom redding bring,
ook vir my 'n lied van uitkoms sal laat sing?

'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment