Search This Blog

Monday 22 May 2017

Stiltetyd



My Vader, wyl die dag ontwaak
kom ek oudergewoonte weer na U
en oorhandig hierdie dag se saak
en los dit by U Vadersknie.
U weet waarvan my hart oorloop
en ken die denke in my hoof,
ek kniel hier van myself gestroop
en soek U wil in my geloof.

Gee dat ek nie hierdie dag
in eie krag en wysheid nader,
gee geduld dat ek sal wag
om U wil te doen, my Vader.
Gee my kennis uit U Woord,
vernuwe my manier van dink,
bring dit met U eie in akkoord,
sodat my woorde na U klink.

Neem my hande en my voet,
wys my dit wat ek moet doen,
maak dit wat ek doen dan goed
om ander met U te versoen.
Vader stroop my van my eie ek
en alles wat U nie van hou.
Kom neem U dan die ereplek,
U is die Heer op wie ek vertrou.

'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys), getiteld Stiltetyd.

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to any of these blogs to receive regular updates by email, by simply registering your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment