Search This Blog

Thursday 18 May 2017

Met my hele hart en siel


Hierdie blyk 'n heerlike musikale week te wees, want vanoggend word ek weereens wakker met 'n lied wat in my kop maal. Hierdie keer is dit Jan de Wet se weergawe van 'Met my hele hart en siel', geslryf deur Rick Moser. Hoor hierdie jubelende woorde vandag saam met my.
"Met my hele hart en siel, al my krag en verstand, het ek U lief o Heer. U's die kroon van my hart. U liefde verteer my meer en meer, o Heilge Gees. Met my hele hart en siel bemin ek U Heer." Hierdie is 'n liefdesverklaring teeoor God van 'n mens wat in 'n daadwerklike verhouding met Hom staan, en die woorde eggo nie net in my kop nie, maar ook in my hart. Dit resoneer in my menswees en elke vesel van my liggaam. Kan jy dit ook voel? Maar dis nie al nie. Die lied gaan verder.
"Uit U hande kan niks my uitruk nie. Vader, U hou my vas met U liefde. U't my naam gegraveer in U palms. Daar is niks wat my van U skei nie!" Hierdie konsepte kom almal uit die Bybel en weereens eggo die waarheid daarvan in my kop en hart. Dit herroep herinneringe van moeilike tye, mense en gebeure wat gedreig het om verwydering te bring tussen God en my. As hierdie 'n eensydige verhouding was, kon party van daardie oomblikke dalk geslaag het om dit te doen. Maar dit is nie 'n eensydige verhouding nie. God is aktief deel van hierdie verhouding en Hy het bly vashou waar my greep slap geword het. Hy is en was getrou aan Sy woord en niks het my uit Sy hande geruk nie.
Dis waarom ek vandag saam met Jan de Wet kan jubel en sing: "Met my hele hart en siel, al my krag en verstand, het ek U lief, o Heer. U's die kroon van my hart. U liefde verteer my deur en deur, o Heilige Gees. Met my hele hart en siel bemin ek U Heer!"
Mag jy ook 'n geseënde dag hê Beminde van die Allerhoogste, waarin jy Sy teenwoordigheid, standhoudende krag en liefde ervaar.

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy my books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to any of these blogs to receive regular updates by email, by simply registering your email address at the top of the applicable blog.

No comments:

Post a Comment