Search This Blog

Friday 19 May 2017

Gebed


Vader, op U hulp berus ons nou
U snel tot hulp en is getrou
om ons ook in hierdie tyd
van die bose af te sluit.

Lanseer die roeping van my jeug,
herstel in my ook lewensvreug,
gee my U woorde in my mond,
die mensdom om my is verwond.

Vader, hoor ons as ons bid,
neem van ons lewens nou besit.
Doen wat U wil met wat ons het
ons sal ons nie teen U verset.

Doen wonderwerke, maak ons vry,
gee ons water waar ons lewe kry.
Gee ons ook ons daagliks brood
en tel ons op U Vaderskoot.

Leer ons van liefdes-empatie,
van U waarheid wyk ons nie.
U is die Een wat ons genees,
vernuwe ons in siel en vlees.

Oor geld is ons onbesorg,
U sal voorsien is ons waarborg
Gee ons rus en maak ons kalm
sodat ons nie in vertroue talm.

Vader, ons erken U opperhand
in ons huise en ons land.
U is die Een na wie ons kyk
as dinge vir ons donker lyk.

Gee ons genade, maak ons vry
van elke ding wat ons mislei
om ons van U af te verwyder.
Maak U Gees die onderskeider.

'n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment