Search This Blog

Friday 14 April 2017

Woord-paaie


Ek haas my verby woorde wat saakmaak
om myself te verstrik in dinge wat min traak.
Ek laat na om te dink en te peins voor ek praat
en laat my weglei in belang van ‘n ander vraat.

In my haas het ek vergeet dat my woorde ons bou
en dat jou woorde alleen ons nie staande kan hou,
dat jy my met jou woede-woorde wil bedwing
voordat my besig-wees my ewig van jou wring.

Ek is haastig, ek moet gaan, die wêreld gaan nie wag
en ek is weg en nie meer daar, en dit word elke dag.
Dan kom ek eendag tuis en ek roep jou by die naam,
maar die jy wat was, is weg, en ek’s alleen, al is ons saam.

Stadig stap ek in my woorde terug, soek hakkelend die pad
waarmee ek jou aan die hart kan raak om aan jou siel te vat.
Onseker, skil jy skanse af om na my terug te keer,
wyfel telkens, weeg, besluit, of jy weer wil probeer.

‘n Oorspronklike gedig deur Miekie (Marietjie Uys).

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment