Search This Blog

Thursday 20 April 2017

Menslike invloed


Johannes 2:23-25 "Terwyl Jesus vir die viering van die Paasfees in Jerusalem was, het daar baie mense tot geloof in Hom gekom toe hulle die wondertekens sien wat Hy doen. Maar Hy het Hom nie op hulle verlaat nie, omday Hy geweet hoe hulle almal is. Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom iets van 'n mens vertel nie, want Hy het self geweet hoe mense is."
Ek wil vandag gesels oor die woordjie 'roem'. Dis 'n woord wat 'n groot impak op ons samelewing het deesdae. Dink aan die invloed wat sy 'celebrity status' (roem) op die Amerikaanse verkiesing gehad toe Donald Trump nou onlangs die verkiesing gewen het. Maak geen fout nie, ek wil nie daarmee impliseer dat dit die enigste rede is waarom hy gewen het nie, maar ek verwys slegs na die feit dat dit tog wel 'n rol gespeel het. Net soos in die geval van die spiertier wat verkies is tot senator in Florida. Daar is hordes programme oor vele roemryke figure (celebrities) wat vir ons wil vertel hoe ons moet eet, leef, aantrek, ons huise versier, die buitelewe moet aanpak, wat ons moet lees, en elke ander aspek van ons lewens waaaraan ek nie eens kan dink op hierdie oomblik nie. Sal ek myself toelaat om ook ons geestelike lewens hierby in te sluit?
Hoeveel gelowiges volg vandag die een of ander 'celebrity' prediker? Hoeveel van ons was al teleurgesteld wanneer hulle dan in 'n seks-skandaal, of geldelike skandaal, of iets dergliks betrap word? Wat is dit wat ons na hulle aantrek? Is dit hulle roem? Ons het tog almal baie goeie predikers in ons onmiddellike omgewing ook. Hierdie roem-predikers is tog nie die enigstes wat goed kan preek nie? Is dit omdat ander mense 'n ophef van hulle maak; omdat hulle groot getalle trek? Is dit omdat hulle oënskynlik suksesvol is? Ek het niks teen 'celebrity' predikers nie, al klink dit dalk of ek teen die hele klomp te velde trek. Inteendeel, ek dink dat baie goed kan kom uit die luister na hierdie predikers. Ek wil slegs hê dat jy vir 'n oomblik sal stop om te besin oor dinge. Soos Jesus gedoen het in die gedeelte wat ek hierbo aangehaal het.
Jesus was vir 'n oomblik die 'celebrity' prediker van sy omgewing. Die omgewing was groot, want dit was Paastyd en hordes mense het na Jerusalem gestroom vir die fees. Hy kon daarmee op loop gegaan het, maar Hy het geweet dat mense se aanhang kortstondig is. Moenie mense se eer nastreef nie. Moenie eers mense nastreef nie. Maak soos Jesus gemaak het. Rig jou oë op God, doen wat Hy jou gee om te doen, en laat dit daar. As mense dink dis wonderlik, skud hulle eer van jou af, as hulle dink dis vreeslik, skud hulle argwaan van jou af. Konsentreer op jou verhouding met God. Hy is die enigste standvastige Persoon in jou lewe.

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment