Search This Blog

Sunday 16 April 2017

Hier is ek! Stuur my!

"Toe het ek die Here hoor vra: 'Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?'
Ek het geantwoord: 'Hier is ek! Stuur my!'" (Jesaja 6:8)
Is jy gereed om 'ja' te antwoord as God iemand soek om na 'n sondige wêreld toe te stuur? Is jy seker? Is jy bereid om vir mense te sê dat sonde sonde is, en nie iets anders geword het net omdat ons vandag kies om dit anders te noem nie?
Jesaja 5:20 "Ellende wag vir die wat sleg goed noem en goed sleg, wat van duisternis lig maak en van lig duisternis, wat bitter soet noem en soet bitter."
Ons moderne mens vind dit gereeld gerieflik om onsself te oortuig dat ons beter weet en meer verstaan. Ons vind toleransie vir 'n menigte sondes in hierdie verhewe wete van ons. Ons gaan selfs sover as om hierdie sondes goed te praat en onsself aan te matig dat God mense so geskep het. Daardeur onthef ons onsself van alle blaam en maak God skuldig volgens Sy eie Woord, want Hy het dit duidelik as sonde veroordeel.
Jesaja 5:21 "Ellende wag vir die wat dink hulle het die wysheid in pag, wat dink hulle het baie verstand."
Hoeveel maal moet ek hoor hoe mense aangemoedig word om te leef vir hulle eie plesier? Geluk word voorgehou as die ideaal waarna gestreef moet word.
Jesaja 5:12 "Daar is liere en harpe, tamboeryne, fluite, en wyn by hulle fuifpartye. Maar van wat die Here doen, neem hulle geen notisie nie, sy dade sien hulle nie raak nie."
Dit is tyd dat ons die boodskap aan die wêreld bring dat hulle die knie voor God moet buig. Nederigheid is deesdae 'n afskuwelike woord. Wees nederig voor God. Erken jou sonde. Lê dit af. Stap weg van wat verkeerd is en soek God, sy Woord en sy wil vir jou lewe. Doen wat God verwag. As jy ongemaklik is met wat God verwag, lê die probleem nie by God nie, dis by jou. Jy moet verander.
Is jy gereed om hierdie boodskap die wêreld in te neem?
"Toe het ek die Here hoor vra: 'Wie kan Ek stuur? Wie sal ons boodskapper wees?'
Ek het geantwoord: 'Hier is ek! Stuur my!'" (Jesaja 6:8)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment