Search This Blog

Sunday 9 April 2017

Gebed vir Christene wat vervolg word a.g.v. hulle geloof


Ek gaan 'n gebed deel wat jy saam met my kan bid vir die Christene wat vervolg word. Jy is welkom om dit net so te gebruik of aan te pas, soos die Heilige Gees jou lei. Voel ook vry om dit met ander te deel.

Vader, die belange van ons broers en susters in Christus lê swaar op ons harte en ons bring dit nou na U toe. U kinders staar geweld in die oë en die vyand het homself opgehef teen hulle om hulle te verslind.
U sê in U Woord dat U 'n ewige verbond met ons gesluit het; 'n verbond van liefde en vrede. Op grond daarvan kom ons na U toe en pleit dat U sal ag gee op die omstandighede waarin U kinders hulle bevind. U sê dat U arm nie te kort is om te reik nie, en U oor nie te doof om te hoor nie.
Ons dien nie 'n mensgemaakte god wat in 'n oond of met 'n hamer gevorm is nie. Ons dien die lewende God wat hemel en aarde geskep het. U is van die begin af daar gewees en daar sal geen einde aan U kom nie. U het 'n woord gespreek en dit het 'n wet geword wat alles steeds onderhou. U, hierdie God, die lewende en werklike God, is die Een op wie ons 'n beroep doen om in te gryp.
U Seun, Jesus, het die vyand reeds uigeklee en oorwin. In Jesus is daar vir ons redding, genesing en oorwinning. U Woord sê dat geen wapen wat teen ons gesmee word enige iets sal uitrig nie. U sê dat ons nie nodig het om mense te vrees nie.
Ons broers en susters het U versorging nou nodig. U het vir Elia gesorg in 'n tyd toe daar geen kos was nie. U kan ook hier sorg.
Ons glo U Woord.
Ons glo in U Seun.
Ons glo, erken en bely dat U God is.
Ons erken dat ons afhanklik is van U.
Ons eer U.
Mag U Naam geheilig word. Mag U koinkryk kom. Mag U wil geskied.
Vader, moet nie toelaat dat 'n sondige geslag, wat U nie ken nie, wegloop en die spot dryf met die ware God nie. U verdien die eer. Ons vra dat U naam sal geëer sal word en dat U redding sal bring.
Ons dank U by voorbaat en prys U heilige Naam.
Amen. Mag dit so wees.

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment