Search This Blog

Thursday 13 April 2017

Finale offer


Dit was 'n dag sonder genade.
Uitgelewer aan 'n honger spul,
met geen berekening van skade
verkoop hul reg vir eie wil.
“Kruisig Hom!,” eggo dit luid,
onbedag op die Goddelike leed
wat roep en smag na geregtigheid.
“Vader, vergeef hul!,” lui die kreet.
Stille duisternis sak op ons neer.
Die Woord, die Lig is weggeneem,
en die besef dring stadig tot ons deur -
ons het onsself van God vervreem.
Drie dae het ons sonder God gedwaal,
soos Jona versteek in 'n donker vis.
Tog is die graf nie die volle verhaal
want 'n lewende God vind jy nie in 'n kis.
“Vader, vergeef ons!.” word ons kreet,
desperaat vir vergifnis en genesing.
Die pad is oop, die weg is gereed,
die finale offer, deur God self gebring.

'n Oorspronklike gedig deur Miekie.

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
You may prefer to follow the traveling blog, A Pretty Tourist.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment