Search This Blog

Friday 17 February 2017

Wees versigtig met jou hart


Spreuke 4:23 "Wees, van alle dinge, veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe."
Ons word so dikwels gemaan om nie ons emosionele mens te ontken nie. Ons word net so dikwels gemaan om nie toe te gee aan ons emosies nie. Dit kan mens heel verward laat. Hoe nou gemaak? Ek wil my verstout om te sê dat ons gerus maar vrylik met ons emosies kan omgaan ... mits ons versigtig gewaak het oor die dinge wat toegelaat was om 'n invloed daaroor uit te oefen. Makliker gesê as gedaan? Natuurlik. Dinge wat die moeite werd is, is gewoonlik makliker om te sê as om te doen. Maar ons is nie geroep om lewens van gerief en eiegewin te lei nie. Ons is geroep om ons lewens af te lê, Jesus se kruis op te neem en Hom te volg. Hom te volg, nie ons eie kop nie.
Dit beteken dat ons elke dag se versoekings en verleidings moet weeg, oordeel en teenstaan. As jy dit gereeld doen, word dit 'n lewensstyl, of soos hulle in Engels sê, 'n habit. Wees versigtig oor die goed wat jy lief voor raak, die dinge wat in jou hart omgaan. Hou jy van luukse karre? Goed so, maar nie as jy nalaat om die armes te versorg nie. Hou jy van 'n posisie van aansien, want jy hou van mag? Pasop, dis onder die lys van 7 goed wat God haat. Hou jy van mense se erkenning? Laat dit jou voel dat jy belangrik is? Daar staan ook dat God hoogmoed haat. Wees versigtig (Spreuke 6:16-19). 
Kan ons kyk na seksuele sake? Soek jy buite jou huwelik na bevrediging? Ek kan jou nie hard en duidelik genoeg waarsku nie. BLY WEG! Irriteer dit jou om hier te lees dat jy veronderstel is om selfbeheersing toe te pas en 'n gedissiplineerde lewe te leef? Daar staan nie dat God van hierdie goed nie hou nie. Die woord HAAT word gebruik om God se emosie te beskryf. Maak reg en kom terug op die pad wat God vir jou voorberei het. Die ander een lei tot die dood. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hy jou paaie gelyk maak.

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment