Search This Blog

Monday 20 February 2017

Redenasies oor God


Toe ek nog 'n kind was het my pa eendag by die huis opgedaag met 'n bandjie van Roger McDuff. Hy was een van die McDuff broers en hulle het saam met die Gaithers opgetree. Op daardie stadium sou niks van hierdie goed vir my enige betekenis gehad het nie. Ons het almal die musiek baie geniet en die bandjie tot vervelens geluister. Een van die songs se woorde het my gepuzzle, want dit het nie vir my sin gemaak nie. My begrip van die Engelse taal was uiters beperk op daardie stadium en hierdie woorde was direk uit die King James Version van die Bybel. Later sou dit vir my in plek val toe ek die Bybel self in Engels begin lees. Ek kon nie die lied opspoor op die internet nie, maar hier is die teksvers:
2 Corinthians 10:5 "Casting down imaginations, and every high thing that exalteth itself against the knowledge of God, and bringing into captivity every thought to the obedience of Christ."
Die agtergrond van hierdie gedeelte handel oor die Christen se oologvoering teen die vleeslike. Vers 3 en 4 werp lig hierop:
"For though we walk in the flesh, we do not war after the flesh: (For the weapons of our warfare are not carnal, but mighty through God to the pulling down of strong holds;)"
Die Afrikaanse vertaling gebruik die woorde "vestings" (vir strong holds) en redenasies.
Hoeveel keer hoor jy mense redeneer oor wat vir God goed en aanvaarbaar sou wees of nie. Hulle baseer nie hulle argumente op enige feite nie, slegs op hulle 'gut instinct'. Weet jy waarvan ek praat? Ek het 'n vriendin wat glo God bestaan, maar tog geen belang het in 'n verhouding met Hom nie. Sy het my al probeer oortuig dat sy hemel toe sal gaan op grond van al die goeie werke wat sy doen. Ek het dit onomwonde aan haar gestel dat hierdie leuen wat sy haarself wysmaak, haar in die hel sal laat beland. Ek weet, nie op grond van my 'gut instinct' nie, maar op grond van God se Woord en Sy Heilige Gees wat in my woon en dit bevestig. Ek en God praat met mekaar. Ons het 'n verhouding. Ek het my wil aan Syne onderwerp en ek soek daagliks Sy wil.
Kyk gou weer na vers 5. Sien jy die woorde "captivity" en "obedience"? Dis nie populêre woorde vandag nie. Vandag streef ons na absolute vryheid en ongebondenheid. Selfs kinders hoef nie meer gehoorsaam te volg nie, maar word aangemoedig om te bevraagteken en te toets.
Dis alles goed en wel, maar wanneer jy jou verbeel (imaginations) en jouself ophef in jou eie aansien (every high thing) en begin dink dat jy God kan bevraagteken of hiet en gebied en dat jy op 'gut instinct' beter weet as God (against the knowledge of God), dan is jy op 'n gevaarlike pad.
Nou wil ek jou aanmoedig om vir die wêreld te gaan sê dat hulle op die verkeerde pad is. Jy wat God se woord verkondig het nie altyd 'n maklike taak nie. Dink aan die profete se waarskuwings in die Bybel. Dit het hulle nie populêr gemaak nie. Mense is oppad hel toe. En hulle lieg vir hulle-self daaroor dat hulle 'okay' is. Maak hulle oë oop vir die waarheid. God het jou geroep om 'n ligdraer te wees wat lig in die duisternis sal bring. Jy moet sout wees wat lewens preserveer en smaak daaraan gee. Sout kan ook mense se bloeddruk opjaag , maar dis okay. Eerder so, as in die hel en spyt dat niemand ooit iets gesê het nie.
Tel jou wapens op. Werp neer die menslike redenasies. Verslaan die argumente. Beveg die leuens met die waarheid. God is met jou!

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment