Search This Blog

Saturday 25 February 2017

Kom sing 'n nuwe lied


Ek wil vanaand met jou praat oor 'n nuwe lied. Ons sing so dikwels die woorde "Kom sing 'n nuwe lied vir Hom, kom sing 'n nuwe lied vir Jesus ..." Het jy al gedink oor wat daardie nuwe lied is? Voor ons daarby kom, wil ek eers so 'n tree terug gee en gaan ondersoek instel na die ou lied. Watter lied was gesing voor die nuwe lied sy plek ingeneem het?
Hierdie 'ou lied' vind ons in Deuteronomium 31:30-32:43. 'n Baie kort opsomming daarvan sal insluit dat God se geskiedenis met die Israeliete by die aartsvaders begin het, dat Hy hulle gered het, gelei het, versorg het. Dit sluit sy verbond met hulle in. Dit praat oor seën en vloek, dit praat oor gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid. Dit praat oor die beloofde land. In kort, is dit 'n lied wat gaan oor die reddingsplan van God, gesentreer rondom die Israeliete.
Nou wil ek jou na die nuwe lied toe neem. Hiervan lees ons in Jesaja 42:10 (onder andere)
"Sing tot eer van die Here 'n nuwe lied, sing sy lof oor die hele aarde, almal wat op die see vaar, alles wat in die see is, al die eilande en diè wat daarop woon."
Wat is die lied wat gesing moet word? Eintlik is dit nie beperk tot 'n enkele hoofstuk of 'n paar versies nie, maar ruimte is beperk, so ek haal net een ander versie uit Jesaja aan.
Jesaja 42:9 "Wat Ek vroeër aangekondig het, het plaasgevind. Ek kondig nuwe dinge aan. Voor dit begin gebeur, laat Ek julle al daarvan hoor."
Die ou lied het getuig van God se reddingsplan en die nuwe lied getuig ook daarvan. Die ou lied het gegaan oor 'n verbond en die nuwe lied gaan ook daaroor. Die ou lied was vir Israel. Die nuwe lied is vir die hele wêreld. Die ou lied het gegaan oor offers en wette, die nuwe praat van onverdiende redding in Jesus. Die nuwe lied is 'n nuwe reddingsplan in Jesus.
Beide Deuteronomium en Jesaja praat oor die feit dat God uniek is en dat geen gode met Hom kan vergelyk nie. Beide praat oor die mens se hardkoppigheid en verwaandheid om homself teenoor God te verhef, om te glo dat sy eie kennis en besluite God s'n oortref.
Hier op aarde het jy die grasie om te verkondig dat jy nie in God glo nie. Jy is vry om te sê dat jy nie in 'n hemel of 'n hel glo nie. Jy kan alternatiewe lewens en gode en filosofieë aanhang sonder enige repurkussies. Maar ek wil jou waarsku; die dag wanneer jy voor God staan, gaan jou slim teorieë, jou idees, jou verbeelding jou niks help nie. As jy voor die Skepper staan wat deur alle tye daar was en steeds is, sal jy nie in 'n 'battle of the brains' betrokke wees met Hom nie. Jy gaan nie vind dat jy die vermoë het om Hom te oortuig of oor te haal nie. Jy sal bewend op jou gesig voor Hom lê en smeek vir genade.
Buig jou knie vandag voor God. Die tyd loop uit. Moenie langer uitstel nie.

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment