Search This Blog

Tuesday 21 February 2017

Bybel Legkaart: Sinopsis van Bybelkunde Deel 1


Om sin te maak van die Bybel, is nie altyd 'n maklike taak nie. Ek begin vandag 'n reeks wat die studie van Bybelkunde so effens oopbreek en die algemene leser meer inligting gee. In die eerste dele van die reeks, fokus ons op die totstandkoming van die Bybel, asook verskillende metodes waarop die Bybel gelees en geïnterpreteer kan word. Vanaf die derde deel sal ons dan die Bybelboeke een vir een bekyk.

Deel 1: 'n Sinopsis van die vakgebied Bybelkunde

Inhoudsopgawe

  1. Inleiding tot die Teologie
  2. Grondslag van die kursus
  3. Ontstaansgeskiedenis van die Bybel
  4. Kanonisering
  5. Inspirasie teorieë
  6. Hermeneutiek en Eksegese
  7. Toepassing
  8. Bibliografie

Grondslag van die kursus
2 Timoteus 3:14-17 (NAV)
Maar jy, bly by wat jy geleer het en wat jy vas glo. Jy weet tog wie jou leermeester was en jy ken van kleins af die Heilige Skrif. Dit kan jou die kennis bybring wat tot verlossing lei deur die geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Ontstaansgeskiedenis van die Bybel
Voor die eerste woorde van die Bybel neergepen is, is die verhale wat daarin opgeneem is d.m.v. mondelinge tradisie van geslag tot geslag oorgedra. Die eerste Ou Testamentiese geskrifte blyk vanaf 1000 vC. te dateer. In die derde eeu vC. vertaal die Jode die Ou Testament in Grieks, wat op daardie stadium die spreektaal is. Diè vertaling staan bekend as die Septuagint.

Tot en met die ontdekking van die Qumran geskrifte – die Dooie See rolle – was die oudste beskikbare manuskripte die Masoretiese teks (Hebreeuse Ou Testament), wat ongeveer 500 nC. saamgestel is. Die Qumran geskrifte dateer vanaf ongeveer 500 vC. Hoewel onvolledig, lewer die ooreenstemming van die Qumran geskrifte, met latere kopieë, tog voldoende bewys dat die teks deur die jare noukeuring en akkuraat met die hand gedupliseer is. Waar die teks onvolledig is, word die vertaler genoodsaak om die mees waarskynlike opsie in te voeg. Die Qumran versameling sluit nie slegs van die oudste Ou Testamentiese manuskripte in nie, maar ook van die oudste Nuwe Testamentiese manuskripte.

Met die verspreiding van die kerk na nie-Griekssprekende wêrelddele, is die Bybelse kanon mettertyd vertaal in Latyn (Vulgata, 400 nC.), Siries (Peshito, eerste of tweede eeu nC.) en Egipties. ‘n Verdere belangrike antieke teks om van kennis te neem is die Samaritaanse Pentateug.

Pous Damasus versoek Eusebius Hieronymus (later bekend as St. Jerome) in 38 nC. om die ‘ou Latynse vertaling’ van die Bybel te hersien. Hierdie hersiening word in 405 nC. voltooi en staan bekend as die Vulgata.

Vroeë kopieë van die Bybel wat ‘n onmisbare rol gespeel het in die ontsluiting daarvan is die:
Codex Sinaiticus (330 nC.) in Grieks
Codex Vaticanus (340 nC.) - Dele hiervan is verlore.
Codex Alexandrinus (425 nC) - Omslaan die hele Griekse Bybel, buiten vir 40 verlore bladsye.

Johan Gutenberg se Latynse Bybel (1455) is die eerste weergawe van die Bybel in hanteerbare formaat.

Disederius Erasmus het die Nuwe Testament (hoofsaaklik) uit die Latynse Vulgatum (Latynse vertaling van die Nuwe Testament) terug vertaal na die Grieks in 1516. Hierby voeg hy sy weergawe van die Ou Testament, wat hy uit verskeie manuskripte vertaal. Diè volledige teks van die Bybel word in die kort bestek van agt maande saamgestel. Vanweë die algemene aanvaarding van die teks kry dit die benaming Textus Receptus. Dit word die hoofbron vir die vertaling van die King James (1611) en die Statevertaling (1637), waaruit Die Bybel in Afrikaans vertaal word in 1933.

Hierdie diagram, geneem uit die Thompson’s Chain Reference Bible, verskaf goeie insig in die vertaling en totstandkoming van die moderne Engelse Bybel.


Baie moderne vertalings van die Bybel is gegrond op vroeë Engelse vertalings. Hieronder word ingesluit:

  • Wycliffe Bible: Eerste Engelse vertaling vanuit Latyn. 1382. Hy was vervolg gewees deur die Rooms Katolieke Kerk en sy Bybel was verban. Uiteindelik sterf hy aan ‘n beroerte.
  • William Tyndale Bible: Eerste Engelse vertaling wat van beide die Griekse sowel as die Latynse bronne gebruik maak. 1525-1536. Hy was ‘n kerkhervormer. Tyndale wou die Bybel beskikbaar stel aan alle predikers. Ook hy is deur die RKK vervolg, sy Bybel verban en uiteindelik het hy ‘n martelaarsdood op die vuur gesterf.
  • Miles Coverdale Bible: ‘n Vriend van Tyndale en geskoei op die Tyndale Bible. 1535. Tydens sy vervolging het Tyndale ‘n ruk lank by Coverdale gebly. Tyndale is dood voordat hy die Bybel volledig vertaal het. Coverdale het Tyndale se werk gebruik en die eerste volledige vertaling van die Bybel die lig laat sien.
  • Matthews’ Bible: Daar word algemeen aanvaar dat dit die werk van John Rogers is, ‘n vriend van beide Tyndale en Coverdale. Die vertaling toon sterk ooreenkomste met beide Tyndale en Coverdale. 1537. Rogers se groot bydra lê in die noukeurige redaksie wat hy na die vertaling toe gebring het. Ook Rogers het ‘n martelaarsdood gesterf.
  • The Great Bible: Saamgestel uit Coverdale en Matthews’ Bibles. Onprakties groot en bonkig, was dit gewoonlik vasgeketting gevind aan preekstoele. 1539
  • Taverner’s Bible: Dis ‘n hersiening van die Matthew’s Bible deur Richard Taverner. Dit was egter nie ‘n sukses nie aangesien dit nie wye byval gevind het nie.
  • The Geneva Bible: ‘n Hersiening van The Great Bible, maar in makliker hanteerbare formaat. 1560. Die Bybel het nie wye sirkulasie geniet nie.
  • The Bishop’s Bible: ‘n Hersiening van The Geneva Bible. 1568
  • The Douay Bible: ‘n Rooms Katolieke weergawe, vertaal uit die Vulgata. Bevat kontroversiële aantekeninge. 1582-1610
  • The King James Version (KJV) ook genoem The Authorised Version: Die mees algemene Bybel in gebruik onder die Engelse gemeenskap. Dis op bevel van King James I van Engeland saamgestel onder toesig van ‘n span van 47 kundiges, wat gebruik gemaak het van ‘n verskeidenheid vertalings, o.a. Grieks en Hebreeus. 1611
  • The Revised Version: ‘n Hersiening van die KJV, deur beide Engelse sowel as Amerikaanse kundiges. In die vertalingsproses is ook gebruik gemaak van ou kopieë van die oorspronklike geskrifte.
  • The American Standard Version (ASV): Die Amerikaanse weergawe van The Revised Version.

Kanonisering
Nie almal heg ewe veel waarde aan die gesag van die kanon wat ons die Bybel noem nie. Vergelyk die Ou Testament met ander gesagdraende kanons deur middel van die diagram.

Hebreeuse Bybel (Tenak)
Rooms Katolieke Ou Testament
Protestantse Ou Testament
Wet (Tora)
Pentateug
Pentateug
Genesis
Genesis
Genesis
Eksodus
Eksodus
Eksodus
Levitikus
Levitikus
Levitikus
Numeri
Numeri
Numeri
Deuteronomium
Deuteronomium
Deuteronomium
Profete (Nebiim)

Historiese boeke

Historiese boeke
Josua
Josua
Josua
Rigters
Rigters
Rigters
1 & 2 Samuel
Rut
Rut
1 & 2 Konings
1 & 2 Samuel
1 & 2 Samuel
Jesaja
1 & 2 Konings
1 & 2 Konings
Jeremia
1 & 2 Kronieke
1 & 2 Kronieke
Esegiël
Esra
Esra
Hosea
Nehemia
Nehemia
Joël
Tobit
Ester
Amos
Judit
Job
Obadja
Ester
Psalms
Jona
Job
Spreuke
Miga
Psalms
Prediker
Nahum
Spreuke
Hooglied
Habakuk
Prediker

Sefanja
Hooglied

Haggai
Wysheid van Salomo

Sagaria
Wysheid van Jesus Sirag

Maleagi


Geskrifte (Ketubim)
Profete
Profete
Psalms
Jesaja
Jesaja
Job
Jeremia
Jeremia
Spreuke
Klaagliedere
Klaagliedere
Rut
Barug
Esegiël
Hooglied
Esegiël
Daniël
Prediker
Daniël (en byvoegings)
Hosea
Klaagliedere
Hosea
Joël
Ester
Joël
Amos
Daniël
Amos
Obadja
Esra
Obadja
Jona
Nehemia
Jona
Miga
1 & 2 Kronieke
Miga
Nahum

Nahum
Habakuk

Habakuk
Sefanja

Sefanja
Haggai

Haggai
Sagaria

Sagaria
Maleagi

Maleagi


1 & 2 Makkabeërs


Dis duidelik dat rangskikking van individuele boeke in die gegewe kanons van mekaar verskil. So ook, verskil die inhoud in ‘n meerdere of mindere mate van mekaar. Die Tenak het histories tot stand gekom. Daar is sterk aanduidings dat die volgorde van die boeke in die Septuagint ook volgens die historiese lyn bepaal is.

Die vroeë kerk het twee weergawes van die Ou Testament tot hul beskikking gehad. Die een was die Hebreeuse Ou Testament (Tenak) en die ander was die Septuagint. Die Septuagint met sy apokriewe byvoegings is algemeen aanvaar deur die Katolieke kerke, terwyl die Protestante mettertyd die Hebreeuse Ou Testament verkies het. Die Ou Testament het deur die eeue ontstaan en die kanonisering daarvan is eers in 50 nC. afgehandel.

Die kerkvaders het basies drie maatstawwe gebruik om te besluit watter boeke in die Nuwe Testamentiese kanon ingesluit moet word:
  • Dit moes van apostoliese oorsprong wees, of die skrywers moes direk onder die invloed van die apostels gestaan het;
  • Die boek moes vir die hele kerk van belang wees en wyd aanvaar word binne die kerkgeledere;
  • Die inhoud van die boek moes ooreenstem met ander boeke wat reeds aanvaar is.
Die kanonisering van die Nuwe Testament is ongeveer 367 nC. afgehandel.

Inspirasie teorieë
2 Tim 3:16a – “Die hele Skrif is deur God geïnspireer…”
Die Grieks wat hier met geïnspireer vertaal is, is theopneustos. Dit beteken letterlik deur God geadem.
Theo = God
Pneustos = Asem
Die woord kom slegs op hierdie een plek in die Bybel voor. Beide die Jode en die Grieke gebruik die woord egter dikwels buite die Bybel om die inspirasie van die Skrifte te verduidelik. Wanneer ons glo dat die Bybel deur God geasem is, kom dit noodwendig direk van God en kry dit sodoende ‘n verhewe status.
Verskeie teorieë poog om te verduidelik hoe theopneustos plaasgevind het:
  • Verbale/Meganiese teorie: Skrywers is redelose instrumente onder beheer van die Heilige Gees, wat selfs die plasing van leestekens bepaal.
  • Diktaat teorie: Die Heilige Gees het gedikteer en die mens het geskryf.
  • Dualistiese teorie: Die heilsnoodsaaklike dele is geïnspireer. Historiese en geografiese materiaal is egter die resultaat van suiwer menslike waarneming en navorsing.
  • Dinamiese/Personele teorie: Die geskrifte is geïnspireerd, omdat die skrywers geïnspireer was.
  • Aktualistiese teorie: In homself is die Bybel nie in staat om ‘n volledige Godsopenbaring te gee nie. God gebruik die boek om Homself aan mense te openbaar. (Die leser word geïnspireer).
  • Organiese (Dialogiese)inspirasie teorie: Die inhoud is deur die Heilige Gees geïnspireer, maar die taal en styl van die skrywers is hul eie.

Hermeneutiek en Eksegese

Eksegese is die studie van hoe die Bybel uitgelê kan word, terwyl Hermeneutiek die wetenskap is wat hom daarmee bemoei om te verstaan hoe die mens verstaan. Dit is belangrik om vooraf te noem dat geen wyse van verstaan verkeerd is nie. Ook is mens nie gebind aan slegs een wyse van verstaan of interpretasie nie, maar mag kies om interpretasiemetodes te kombineer. Die mens verstaan die Bybel op twee basiese vlakke
  • Voorwetenskaplike verstaan

Voorwetenskaplike verstaan geskied gewoonlik op ‘n vlak wat moeilik bewysbaar of toetsbaar is, wat onsistematies en onlogies georden is en wat moeilik aan ander oorgedra kan word.
  • Wetenskaplike verstaan.


Wetenskaplike verstaan veronderstel ‘n voorwetenskaplike verstaan van sake. Dis gerig op sistematisering en uitbreiding van alledaagse kennis volgens navolgbare en kontroleerbare metodes. Wetenskaplike verstaan word toegespits op die konteks van die oorspronklike skrywers en lesers, sowel as op die moderne uitlegger en sy metode(s).

Deist en Burden erken dan ook dat die vertellers en hoorders van die oorspronklike teks hulle eie politiese, ekonomiese, sosiale en godsdienstige agtergronde gehad het, wat 'n invloed uitgeoefen het op hoe hulle die verhale oorgdra en verstaan het. Na die vdertalings, tree daar nou 'n vertolker en 'n leser in wat ook hulle eie politiese, ekonomiese, sosiale en godsdienstige agtergronde na die verstaan van die teks toe bring.

‘n Oorsig oor die verstaan en uitleg van die Bybel
  • Allegoriese interpretasie: Die teks/boodskap word vergeestelik om dit ‘n “dieper” betekenis te gee. Konsentreer veral op wat geglo moet word. ‘n Voorbeeld is Paulus se verduideliking rakende Isak en Ismael in Gal. 4: 22-26
  • Fundamentalistiese/Histories-letterlike interpretasie: Konsentreer op die oorspronklike betekenis van die teks, wat op histories-letterlike wyse bepaal word. Die konteks van die skrywer word in ag geneem.
  • Letterlike interpretasie: Die teks en boodskap word verstaan presies soos dit geskryf is, bv. Paulus se verklaring in Gal. 3:16 van Gen. 12:7; 13:15, ens. Let op die letterlike verklaring van die enkelvoudsvorm van die woord “saad” (OAV).
  • Morele interpretasie: Konsentreer op wat gedoen moet word.
  • Anagogiese interpretasie: Konsentreer op waarna gestreef moet word, bv. die hemel/hiernamaals.
  • Kontekstuele/Redelike/Rasionele verklaring: Die teks moet volgens die taal en tyd van die skrywer beoordeel word. Verg redenasie van die interpreteerder/leser.
  • Struktuuranalitiese/Immanente interpretasie: Soek na die oorspronklike betekenis van die teks, terwyl minder aandag aan die historiese konteks geskenk word. Die struktuur/vorm van die teks word geanaliseer, bv. erkenning word aan poësie gegee.
  • Histories-kritiese interpretasie: Kyk in die lig van die geskiedenis krities (vraend) na die Bybel. Navorsing word gedoen t.o.v. historiese kritiek, grammatikale kritiek, literêre kritiek, vormkritiek, tradisiekritiek en redaksiekritiek.
  • Tipologiese interpretasie: Die interpretasie metode poog om die verhouding tussen die Ou en die Nuwe testamente te bepaal, bv. Ou Testamentiese figure word as Messiaanse tipes gesien, bv. Isak word gesien as ‘n skadu-beeld van Christus.
Die volgende diagramme poog om die verskille tussen Tipologie en Allegorie duidelik te maak:
TIPOLOGIE
ALLEGORIE
Konsentreer hoofsaaklik op die uitleg van gebeure/sake/lewenslope.
Konsentreer hoofsaaklik op die uitleg van woorde.
Neem die oorspronklike werklikheid ernstig op.
Ignoreer die oorspronklike werklikheid en werk met die “siel” van woorde.
Bou op letterlike betekenis.
Bou op veronderstelde “dieper” betekenis van woorde.
(Uit: Deist en Burden, p. 77)

  • Midrasj/Rabbynse uitleg: Skakel gedeeltes met mekaar op grond van die feit dat dieselfde woord in die gedeeltes voorkom, bv. Paulus se gebruik van die woord “geregtigheid” in Rom. 4:1-12. Hy vind bewyse vir sy standpunt in Gen. 15:6 en Ps. 32:1 e.v., waar die woord “geregtigheid” ook voorkom (OAV).
  • Pesjer (die uitleg van geheimenisse): Politieke toestande het dit soms genoodsaak dat boodskappe in geheime kode geskryf moes word. Die gebruik kon wissel van slegs enkele woorde tot hele boeke/briewe, bv. die apokaliptiese literatuur. ‘n Bekende gedeelte is Op. 13:18.
  • Die viervoudige skrifsin: Diè metode hou voor dat elke teks op vier maniere geïnterpreteer kan word: Die betekenis is òf letterlik, òf dit is figuurlik. As dit figuurlik is, kan dit op een van drie maniere geïnterpreteer word: Anagogies, Moreel, of Allegories.
Hierdie gediggie van R.M. Grant som dit goed op:
The letter shows us what God and our fathers did;
The allegory shows us where our faith is hid;
The moral meaning gives us rules of daily life;
The anagogy shows us where we end our strife.
(Uit: Deist en Burden, p. 72-73)

Die huidige tendens is om onderskeid te tref tussen verskillende soort tekste. Enige lees van ‘n teks beklemtoon òf die skrywer, òf die teks, òf die leser van die teks.

König (2002) stel die volgende “Tien Gebooie” vir Bybellees voor:
  1. Lees noukeurig;
  2. Raadpleeg meer as een vertaling;
  3. Bepaal die genre – die soort literatuur;
  4. Kyk wat die verband is, die direkte èn die wyer verband;
  5. Vra na die agtergronde soos die historiese en aardrykskundige omstandighede;
  6. Vra na inligting elders in die Bybel wat lig op die betrokke deel kan werp;
  7. Vra na die verband wat dit met die groot lyne in die Bybel het;
  8. Vra hoe Christene in ander kerke dit verstaan;
  9. Kyk probleme eerlik in die oë, moet dit nie op ‘n goedkoop manier probeer wegpraat nie;
  10. Vra na die betekenis van wat jy lees vir jou lewenspraktyk.

Toepassing
  1. Ek beoog om meer omtrent die volgende onderwerpe uit te vind:
___________________________________________________
___________________________________________________
___________________________________________________
  1. Ek gaan my eie agtergrond ondersoek om vas te stel hoe dit my lees en verstaan van die Bybel (positief/negatief) beïnvloed, t.o.v.:
    1. Godsdiens: ______________________________________________________
______________________________________________________
______________________________________________________
    1. Politiek: ______________________________________________________
______________________________________________________
______________________________________________________
    1. Ekonomie: ______________________________________________________
______________________________________________________
______________________________________________________
    1. Sosiaal: ______________________________________________________
______________________________________________________
______________________________________________________
    1. Opleiding en onderrig: _________________________________________________
______________________________________________________
______________________________________________________
    1. Opvoeding: ______________________________________________________
______________________________________________________
______________________________________________________
    1. Ander: ______________________________________________________
______________________________________________________
______________________________________________________
  1. In my studie van die Bybel, beoog ek om hoofsaaklik op die _______________________ interpretasie-metode te konsentreer. Ek sou egter ook die volgende metodes in gedagte wou hou:
___________________________________________
___________________________________________
___________________________________________

Bibliografie
  1. GUTHRIE, D. 1986. Tekste en vertalings, in Handboek by die Bybel. Lux Verbi: Kaapstad.
  2. THOMPSON, F.C. 1988. The Thompson Chain Reference Bible KJV 5th ed. B.B. Kirkbride Bible co., inc.: Indianapolis.
  3. BOSMAN, H.L. 1986. Die ontstaan en verstaan van die Ou Testament, in Deist F. en Vorster, W. (red.), Woorde wat ver kom, 1-5. Kaapstad: Tafelberg.
  4. HEYNS, J.A. 1973. Brug tussen God en mens oor die Bybel. Pretoria: NG Kerkboekhandel. (pp 66-77).
  5. DEIST, F.E. en Burden, J.J. 1980. ‘n ABC van Bybeluitleg. Pretoria: Van Schaik. (pp. 50-82).
  6. DU PLESSIS, P.J. en Lategan, B.C. 1983. Agtergrond en geskiedenis van die Nuwe Testament. Academica: Pretoria/Kaapstad. pp. 51-56.
  7. KÖNIG, A. 2002. Ek glo die Bybel ondanks al die vrae. Lux Verbi.BM: Wellington.
  8. BOBRICK, B. 2001. The making of the English Bible. Werdenfeld & Nicolson: London.
Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment