Search This Blog

Tuesday 17 January 2017

Tyd om te vas


Ek wil 'n tydperk van vas uitroep. Wag! Wag! Moenie nou ophou lees nie. Ek praat van die soort vas waarvan ons in Jesaja lees.
Jesaja 58:5-7 "Is dit al wat Ek op 'n vasdag wil hê: net dat 'n mens homself verneder, dat hy sy nek buig soos 'n biesie en in sak en as sit? Noem jy dit 'n vasdag, 'n dag waarvan die Here hou?
Is die vas wat Ek wil hê, nie dit nie: om die wat onregverdig gevange gehou word, te bevry, om die juk wat op mense druk, af te haal, om verdruktes vry te maak, om elke juk te breek? Is dit nie dat jy vir die wat honger is van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses 'n blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie?"
So, nou wil ek jou weer nooi: wil jy nie saam met my vas nie? Ek wil nie hê jy moet jou kos vir 'n periode lank los nie. Ek wil nie hê jy moet êrens gaan sit en depressief lyk nie. Wat ek vra, is dat jy jou hart en lewe oopmaak vir jou medemens. Staan op en praat namens diegene wat verdruk word, wat onregverdig behandel word, wat in vrees lewe, wat hulle stemme verloor het weens die omstandighede waarin hulle hulself bevind.
Vas saam met my deur jou beursie oop te maak en kos en blyplek te gee aan die wat dit nie het nie. Moenie wegskram agter sosiale verskonings nie. Moenie in 'n regterstoel gaan sit en besluit wie jou hulp verdien en wie nie. Help eenvoudig daardie mense wat jy teëkom wat nie kos het nie, wat nie hulle rekeninge kan betaal nie, wat nie 'n slaapplek het nie, wat nie klere het om mee te gaan werk soek nie.
Miskien dink jy nou al dat dit makliker sou gewees het om liewer vir 'n dag lank nie te eet nie? Ek kan jou nie kwalik neem nie. Maar om God te volg, is nie om kortpad in te slaan en mense mis te kyk nie. Hier is die ding. Wanneer jy jou oë op God gerig hou, moet jy noodwendig jou medemens raaksien. Waarom? Want God sê dat Hy sy kinders soos 'n hen onder haar vlerke bymekaarmaak. Hierdie mense, jou medemens is binne-in God versteek. Hul skuiling is by God. Jy kan hulle nie miskyk as jy na God kyk nie.
Hierdie feit het ook 'n teenpool: jy kan nie by hulle uitkom as jy nie deur God gaan nie. Wat ek dus vir jou sê is, dat jy nader aan God sal beweeg wanneer jy jou hand uitsteek om jou medemens in nood te help.
Ek herhaal dus weer; ek wil hê jy moet saam met my vas. Moenie jou van kos weerhou nie, maar weerhou jou eerder van ongeregtigheid. Moenie dit 'n dag van vernedering maak vir jouself nie, maar maak dit eerder 'n dag van opheffing van jou medemens. Miskien, as ons dit dag vir dag oefen, kan ons binnekort 'n lewe van vas leef, pleks van 'n sporadiese dag van vas.

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment