Search This Blog

Thursday 5 January 2017

Soek jy God op die berge, of in die vlaktes?

"Ek kyk op na die berge: waarvandaan sal daar vir my hulp kom?"
In die tyd toe Psalm 121 geskryf is, het mense geglo dat daar sekere gode was wat oor die hoogtes geheers het, en ander wat weer tot die laagtes beperk was. Onthou vandag dat God geen geografiese of ruimtelike beperkings het nie.
"My hulp kom van die Here wat hemel en aarde gemaak het."
Daar is 'n verhaal in die Bybel te vind waar hierdie geloof wat mense oor gode gehad, pragtig geïllustreer word. In hierdie gedeelte word die Israeliete bedreig deur die magte van die Arameërs. Daar was reeds 'n skermutseling tussen die twee magte en die Arameërs het die onderspit gedelf teen die Israeliete, ten spyte daarvan dat lg. in die minderheid was. Die Aramese offisiere het 'n verduideliking hiervoor gehad. Ons lees dit in 1 Konings 20:23.
Die offisiere van Ben-Hadad, die koning van Aram, het vir hom gesê: “Die gode van die Israeliete is berg-gode, daarom was hulle te sterk vir ons. Dit sal beter wees as ons op gelyk grond oorlog maak teen hulle, dan sal ons sterker wees as hulle.
Duidelik het hulle nie die God geken oor Wie hulle hierdie roekelose uitsprake gemaak het nie. Ons lees hierdie in vers 28:
En toe kom ’n man van God by die koning van Israel en hy sê vir hom: “Die Here sê: Die Arameërs het gesê dat Ek ’n berg-god is, nie ’n god van gelyk plekke nie. Daarom sal Ek jou laat wen teen hierdie baie soldate, en jy sal weet dat Ek die Here is.”
Dit het dan ook so gebeur soos God gesê het, ten spyte van die tekortkominge van die Israelitiese koning wat hierdie oorwinning beleef het. Ek herinner jou weer: Onthou vandag dat God geen geografiese of ruimtelike beperkings het nie. Sorg dat jy nie beperkings op God plaas deur sekere aspekte van jou lewe van Hom te weerhou nie. Hy is reeds op jou laagteplekke. Jy kan net sowel Sy teenwoordigheid daar erken en Hom vra om jou daar uit te lei.


Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment