Search This Blog

Wednesday 4 January 2017

Sit daai pakkie neer

Jesaja 53:7 "Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: 'Jou God is Koning!'"
In my gedagtes sien ek hoe ek êrens in die veld staan en skielik kom iemand oor die heuwels aangehardloop, skoon uitasem van opgewondenheid. As hy by my kom, stop hy net lank genoeg om vir my te vertel dat my en sy God in beheer is. Hy heers oor al ons omstandighede. Daar is vir ons oorwinning. Die konflik in ons lewens het resolusie gevind, want hy bring vir my 'n boodskap van vrede. Daai las wat ek met my saamdra, kan ek maar neersit, want hy is gestuur om vir my te kom sê dat ek bevry is daarvan. Ek word bly saam met hom, want sy opgewondenheid is aansteeklik. Ek vind dat ek saam met hom rondtrippel van opgewondenheid en die nuus nie vir myself kan hou nie. Ek moet iemand vind om dit voor te vertel. Ons groet en hy draf weg, want daar is nog baie mense wat die goeie nuus moet hoor.
En wat doen ek?
Ek is voor 'n keuse. Ek kan alles net daar los en 'n rigting inslaan en iemand gaan soek vir wie ek ook die goeie nuus kan vertel. Ek weet dis wat ek behoort te doen. Maar weet jy wat gaan ek tien teen een doen? Ek gaan tien teen een my pakkie weer optel, want ek is geleer om nie dinge so te laat rondlê nie. Of miskien tel ek hom op omdat ek nog waarde heg aan dit wat in my pakkie is. Besittings, seer, verpligitnge, geskiedenis, jy weet wat is die dinge wat jy troetel, net so goed soos ek weet wat dit is wat ek troetel. Daarna sal ek wel wegtrek om die goeie nuus te gaan deel. Die probleem is dat teen die tyd dat ek by iemand uitkom om my nuus met hulle te deel, gaan ek so uitgeput wees deur die las wat ek met my saamsleep dat die opgewondenheid van my gesig gewyk het en die blydskap uit my oë verdwyn het.
Vanaand wil ek kies om daardie pakkie neer te sit en God op Sy Woord te vat dat Hy reeds daarvoor betaal het, dat daar vergifnis voor is, dat daar genesing voor is, dat dit afgehandel is. Ek kies om Hom te glo as Hy sê dat ek vry is daarvan. Ek kies om Hom te glo as Hy sê dat vrede herstel is. Ek kroon God as Koning oor my lewe. Hy regeer! Nie my finansies of omstandighede nie. Nie my vyande of my geskiedenis nie. Nie my agtergrond of my toekoms nie. Nou en hier erken ek dat God in beheer is en ek gee die stuurwiel oor in Sy Hande.
Nou sien ek myself in die passasiersitplek en die enigste ding wat ek nodig het om te doen is om terug te sit en die rit te geniet. God is in beheer. Geniet die lied wat ek vir die reis gekies het en sing uit volle bors saam met my: "Our God reigns!"

Our God reigns!

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment