Search This Blog

Saturday 7 January 2017

Oor mediums en spiritiste

"Mense sê julle moet mediums en spiritiste raadpleeg wat fluister en mompel, maar moet 'n volk nie sy God raadpleeg nie? Waarom sou 'n mens dooies in belang van lewendes raadpleeg? Terug na die wet en die getuienis van die Here! Wie nie volgens hierdie woord praat nie, is sonder toekoms!" (Jesaja 8:19-20)
Het jy al gaan luister na die raad van mediums en spiritiste? Het jy daar in aanraking gekom met die gees van 'n oorledene? Het hierdie dooie vir jou kennis/wysheid/inligting gehad oor hoe jy jou lewe moet leef, wat jy moet doen, hoe jy dinge moet hanteer?
Hoe sal 'n mens, wat nie eens sy/haar eie lewe kon hanteer nie, dan nou weet hoe om jou raad te gee? Het die dood dan nou skielik dieper verstaan teweeg gebring? Besef jy dat jy na grashalms gryp, terwyl God vir jou 'n Rots gegee het om aan vas te hou? Moet jy nie eerder vir God raadpleeg nie? Keer terug na God se woord en jou getuienis wat jy van Hom ontvang het. Vir die dooies is daar slegs een van twee plekke om te wees; by God, of verwyder van God. As hulle by God is, waarom sou jy kies om eerder met hulle as met God te praat, terwyl Hy daar teenwoordig is? As hulle verwyder van God is, watter raad kan hulle moontlik vir jou gee wat die moeite werd is om na te luister?
Kies God! Laat staan die heidense praktyke en val in gebed voor God op jou knieë. Bely ook hierdie sonde van jou en sien hoe God jou vergewe en herstel vir jou bewerkstellig.

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment