Search This Blog

Friday 20 January 2017

Ons dien 'n heilige God


Ek wil so 'n paar verse uit Jeremia met jou deel. Wanneer ek hierdie gedeeltes lees, klink dit soos 'n aanklag teen vandag en nie asof die meer as 2000 jaar oud is nie. Lees saam met my.
Jeremia 4:22 "My volk tree dwaas op, hulle erken My nie, hulle is moedswillige kinders, sonder enige begrip van wat Ek doen. Hulle is net slim as dit kom by verkeerd-doen, van goed-doen wil hulle niks weet nie."
Jeremia 5:12-13 "Hulle het Hom geminag, hulle het gesê: 'Hy sal dit nie doen nie, daar sal geen kwaad oor ons kom nie en ons sal nie oorlog of hongersnood beleef nie. Wat die profete sê, is wind, dit is nie die woord van die Here nie. Mag wat hulle sê, oor hulleself kom!'"
Jeremia 5:30-31 "Iets vreesliks en afskuweliks het in die land gebeur: die profete tree vals op, die priesters regeer met hulle eie gesag, en my volk hou daarvan! Maar wat sal julle doen as die einde kom?"
Jeremia 6:10 "Met wie sal ek praat, wie sal ek waarsku, wie sal na my luister? Hulle ore is doof, hulle is nie in staat om te hoor nie. Hulle praat smalend oor die woord van die Here, dit kan hulle nie skeel nie."
Jeremia 6:13-15 "Almal, klein en groot, wil hulleself net verryk, almal, selfs profete en priesters, is uit op bedrog. Hulle het 'n goedkoop raat vir die wonde van my volk. Hulle sê net: 'Alles is reg! Alles is reg!' Maar niks is reg nie.Wanneer hulle aan die kaak gestel word oor die gruwelike dinge wat hulle gedoen het, skaam hulle hulle nie eens nie, hulle weet nie van skaamte nie. Daarom sal hulle tot 'n val kom soos al die ander voor hulle; wanneer Ek hulle straf, sal hulle omkom, sê die Here."
Ek wil nie te veel sê oor 'n teks wat op sy eie bene staan en self praat nie. Ek wil jou net gou herinner dat God steeds 'n heilige God is. Jy kan nie Jesus se vergifnis soos 'n stoflap gebruik om jouself gou mee blink te poets voor jy kerk toe gaan nie. God vra 'n verhouding van deurlopende heiligmaking van jou. Wees heilig, want God is heilig!

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment