Search This Blog

Thursday 19 January 2017

Jou Bewaarder sluimer of slaap nie

Jesaja 51:12-13 "Ek is die Here, Ek bring uitkoms vir julle. Hoe is dit dan dat jy bang is vir 'n sterflike mens, vir 'n mens wat so maklik vergaan soos gras? Jy vergeet die Here wat jou gemaak het, wat die hemel oopgespan het, wat die aarde se fondamente gelê het. Jy was altyddeur bang vir die woede van die verdrukker, vir hom wat daarop uit was om jou te vernietig, maar waar is die woede van jou verdrukker nou?"
Daar is nie een van ons wat kan ontken dat mense mag het oor ons nie. Dink maar aan jou optrede wanneer jy in jou baas se kantoor instap, teenoor wanneer jy by die 'tea lady' se kombuis instap. Jy hanteer albei met respek en hoflikheid, maar by die baas is dit belangriker. Jy het nie nodig om jou teenoor jou ewe-knieë en ondergeskiktes te verduidelik nie. Tog staan jy gereed met 'n verduideliking wanneer jou baas net effens frons as hy 'n verslag deurlees wat jy aan hom voorgelê het.
Hierdie selfde reaksie kom in ander verhoudings ook voor. Dink aan jou houding teenoor die skoonfamilie en vergelyk dit met die van jou eie familie. Dink aan hoe jou gedrag verander wanneer jy 'n metro polisie motor langs die pad sien staan, of wanneer die leraar aan die deur klop, of wanneer ... Die scenarios is so veelvuldig as die dinamiese verhoudings waarin jy verkeer met almal wat jy teëkom.
Party van ons bevind ons in verhoudings van vrees. Dalk is dit by die werk, dalk by die huis, by die skool, of elders in jou lewe. Iewers is daar iemand wie se woede en optrede jy vrees.
Ek wil vanaand vir jou hoop gee. God sien jou omstandighede en Hy ken jou vrese. Vanaand wil ek jou uitnooi om jou vertroue in God te stel. Hy het nie alleen daardie nietige mens gemaak vir wie jy soveel vrees koester nie. Hy het ook die hemel en die aarde gemaak. Hy hou storms in sy hand vas en laat ldit os op die aarde wanneer Hy dit goed vind. Hy bring ook rus en kalmte na die storms.
Moenie jou keuses maak om mense tevrede te stel nie. Wees gehoorsaam aan God. Doen en sê wat God wil hê jy moet, en weet verseker dat Hy wat jou bewaar, nie sluimer of slaap nie.

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment