Search This Blog

Tuesday 3 January 2017

God ken my


Terwyl ek vanoggend my fotos sit en edit op die rekenaar, speel die oudiobybel in die agtergrond en vertel die verhaal van hoe die Israeliete met manna gevoed is in die woestyn. My aandag word skielik vasgevang deur iets besonders. Daardie eerste keer wat hulle die manna gaan optel het, het party baie opgetel en party het minder opgetel. Hulle het alles ingebring na 'n sentrale punt en daar is vir elkeen 'n gelyke maat uitgemeet. En dan die fenominale. Daar was net genoeg dat elkeen presies sy/haar porsie kon kry. Niks meer nie, niks minder nie. Niks tekort nie. Niks oor nie. Toe tref dit my: God het elke Israeliet persoonlik geken en persoonlik gevoed en persoonlik voorsien vir 40 jaar lank!
Soms dink ek aan die 40 biljoen mense wat op die aarde is en ek voel so klein en ek kan my verbeel dat God nie tyd het om aan my persoonlik aandag te gee nie. Dan lees (hoor) ek weer eendag 'n gedeelte soos hierdie raak en dan WEET ek; God ken my. Hy hoor my. Hy sien my. Hy gee om vir my. Hy sorg vir my.
Dan skud ek die duiwel met sy leuens van my skouer af en ek sing saam met Joe Niemand: "Ek sal nie bang wees nie!"

Ek sal nie bang wees nie - Joe Niemand

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment