Search This Blog

Monday 16 January 2017

Bonnie & Clyde van die Bybel


Wanneer 'n mens die name Bonnie en Clyde hoor, herroep jy onmiddellik beelde van twee mense wat mekaar gevoed het met boosheid. Hulle was ideale pasmaats, omdat hulle ewe gewetenloos was.
Ons tref so 'n egpaar in die Bybel ook aan, by name van Agab en Isebel. Die klimaks van hulle boosheid kan in 1 Konings 21 gelees word.
In v. 20b is God aan die woord: "Omdat jy jou daaraan oorgegee het om te doen wat verkeerd is in my oë ..."
v. 22a: "Omdat jy My uitgetart het en omdat jy Israel laat sondig het ..."
v 25a: "Daar was nooit iemand wat hom soos Agab daaraan oorgegee het om te doen wat verkeerd is in die oë van die Here nie."
v. 25b: "Sy vrou Isebel het hom daartoe aangehits."
Wie is jou vriende? Wie kies jy as jou lewensmaat? Wie is jou raadgewers? Met wie tree jy in verhouding?
Ek wil jou vra om te gaan ondersoek instel na die mense wat jy toelaat om inspraak te lewer in jou lewe. Wees eerlik met jouself. Verdien hulle die posisie van eer wat jy aan hulle toegesê het? Is dit nie dalk tyd dat jy hulle uit jou lewe ban en weer God se woord en stem in jou lewe verwelkom nie?
Hier is vir jou nog 'n maatstaf. Wat is jy besig om te doen wat jy nie wil hê jou kerkvriende en kerkleiers moet uitvind nie? Het jy onlangs hierdie soort woorde gebruik: "Ek wil nie hê jy moet hieroor praat nie, want ek wil nie hê ___ moet hiervan uitvind nie."
As jy jou lewe so leef, is dit tyd dat jy die besluite wat jy neem/geneem het, weer in oënskou neem. Herbekyk dit. Dis nooit te laat om van plan te verander nie.
Ek wil jou met nog een gedagte laat. In 1 Konings 14 lees ons van nog 'n 'bose' koning van Israel, nl. Jerobeam. Toe sy seun siek word, stuur hy sy vrou om raad te gaan kry by die profeet Agija. Ten spyte daarvan dat Agija al blind was weens ouderdom, vermom sy haarself, want sy wil nie geken word as Jerobeam (die koning wat deur Agija in 'n profesie veroordeel is) se vrou nie. Voor sy nog gearriveer het, het God reeds aan Agija geopenbaar wie dit is wat daar sou aankom.
Jy mag dalk jou verkeerde besluite (sonde) van die pastoorkerkleiers kan wegsteek. Jy mag dit dalk vir jou Christen-vriende kan wegsteek. Jy mag dit moontlik selfs vir 'n profeet van God kan wegsteek. Ek waarborg jou egter dat jy dit nie vir God self kan wegsteek nie.
Hier is die ding wat jy in die oë moet kyk. Dis nie die kerkleiers, die mede-Christen, of die profeet voor wie se regterstoel jy gaan staan nie. Dis voor God s'n, die Een vir Wie jy dit nie kon wegsteek nie. Hy gaan vir jou vra wat het jy met jou lewe gemaak ("omdat jy my uitgetart het"), maar meer nog; Hy gaan vir jou vra wat jy met die lewens gemaak het van die mense wat Hy aan jou toevertrou het ("en omdat jy Israel laat sondig het").
Dis tyd om reg te maak met God en met mense. Vandag nog.

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment