Search This Blog

Thursday 15 December 2016

Die laaste maal?


Op 'n stadium het ek genoem dat dit nodig is om mens se geestelike sake in orde te kry, want jy weet nooit wanneer jy aan die einde van jou lewe staan nie. In reaksie hierop het iemand toe genoem dat hulle nie belang het by wat na die dood gebeur nie. Dis slegs belangrik om hier 'n goeie lewe te lei en positief tot ander by te dra, dat hierdie lewe genoeg het om te bied. Ek deel graag my antwoord in reaksie hierop met julle, want 'n belewenis van God is so omvattend wonderlik dat ek graag sou wou hê dat meer van mense hierdie hoor en hieroor dink. Lees dit as my persoonlike getuienis.
Persoonlik, voel ek dat hierdie lewe nie naastenby genoeg het om te bied nie. Ek geniet myself gate uit en maak keuses oor my lewe wat ander laat frons in afgryse, want dit is nie naastenby die geykte uitgtrapte veilige keuses wat ons geleer word om te maak nie. So elke paar jaar, belsuit ek om iets heel anders te probeer en 'n geheel nuwe rigting in te slaan. Met ander woorde, ek soek die lewe met passie en toewyding. Ek wil die murg daaruit suig en aan die einde van my lewe kan terugkyk en sê ek het elke moontlike paadjie probeer, elke geur geruik, elke kleur gemeng en elke klank ondersoek. En tog, ten spyte van al hierdie dinge, kan ek vir jou met oortuiging sê dat hierdie lewe, met alles wat ek al daarvan ervaar het, te kort skiet teen dit wat ek in een oomblik in God se teenwoordigheid ervaar. Ek sal my in 'n skildery inleef en terugstaan en met genoegdoening besluit dat dit presies kommunikeer wat ek wil hê mense moet hoor/sien. Maar daardie genot, daardie voldoening, kan steeds nie vergelyk met die volheid van God nie. Ek wens so ek kon daardie ervaring in 'n botteltjie sit en dit in 'n vertrek oopmaak sodat almal dit kon inasem en weet waarvan ek praat. Ek moet nou so versigtig wees met my woorde, omdat daar soveel cliches aan Christelike boodskappe hang, dat dit bykans onmoontlik geword het om oor die onderwerp te praat sonder om in iemand anders se praat-spore te trap. Hoor dan eerder my hart. Ek wens jy kon dit net een keer ervaar om te weet waarvan ek praat. Tog glo ek dat jy die reg het om te kies om liewer 'n goeie lewe te leef, eerder as 'n God-gerigte lewe. Dit was, na alles, Hy wat mense met daardie keuse gelaat het. Maar ek kan nie help om te wens dat jy daardie ervaring net eenmaal kon hê nie. Dis soos om by die lekkerste maaltyd van jou lewe aan te sit en te wens jy kon dit met iemand deel wat dit net soos jy kon waardeer. Is jy so iemand? Ek wens jy kon hierdie maaltyd saam met my geniet. Die beste is egter dat hierdie genot nie so kortstondig as 'n heerlike maaltyd is nie, maar dat jy dit saam met jou kan neem en weer en weer daarvan kan geniet.
Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment