Search This Blog

Tuesday 15 November 2016

Stiltetyd


Vanuit die veld hoor ek my God roep
"Môre my kind. Kom sit. Gesels."
Maar ek jaag verby, want ek is haastig"
Nie nou nie. Later. Nou moet ek eers ..."
Lunch time hoor ek God roep bo die geskarrel
"Middag my kind. Kom Sit. Gesels."
Maar ek is haastig. Daar's 'n lys met 'n duisend dinge
"Nie nou nie. Later. Nou moet ek eers ..."
Vasgevang in die laatmiddagverkeer, hoor ek God roep
"Middag my kind. Jy sit nou. Kom ons gesels."
Maar dis belangriker om te hoor wat die radio oor die traffic sê
"Nie nou nie. Later. Ek wil nou eers by die huis kom."
Met die huis versorg is daar tyd om voor die tv te ontspan
"Naand my kind. Noudat jy sit, kan ons mos maar gesels."
Maar ek is moeg, nie lus vir skuldgevoelens of nuwe opdragte nie
"Net nie nou nie. Miskien môre. Ek wil net bietjie rus."
En dan bars 'n bom in my netjies geordende lewe
en alles wat ek vertrou lê in chaos en ek bal my vuis na bo
"Waar was U dat U dit nie kon verhoed nie? Te besig?!"
Maar soos ek die woorde bulder, voel ek die klag aan my eie lyf
"Vader!"
"My kind."
"Is U nog daar?"
"Altyd my kind. Kom sit. Gesels."

Deur Miekie (Marietjie Uys)

Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment