Search This Blog

Monday 28 November 2016

Om in die maanlig te wandel


Na aanleiding van 'n gesprek met my boers vroeër hierdie week, lees ek vanoggend in die Ampified Bible in Eksodus 24:16 oor die glorie van God:
"The glory of the Lord rested on Mount Sinai, and the cloud covered it for six days. On the seventh day [God] called to Moses out of the midst of the cloud."
Daardie woordjie 'glory' het 'n hele aantal betekenisse en ons is met meeste daarvan vertroud. Die aspek waarop ek vandag wil infokus is die minder bekende betekenis, sonder om die algemene betekenis van eer te ontken of te misken. Ek wil hierdie betekenis eerder byvoeg as verdere verklaring van wat eer beteken. Glorie se betekenis is ook 'n ligkrans, of ligskynsel, iets wat verlig. Dis soos die halo wat altyd om die heiliges se koppe geteken word in ouer kunswerke.
Nou wil ek hê jy moet saam met my in die maanlig gaan stap. Vir gerieflikheidshalwe kies ons dat hierdie 'n volmaan aand sal wees. Die wêreld lê verlig om ons en ons het bykans geen probleem om ons weg te vind nie. Dis mooi en rustig en ons ervaar nie enige sorge nie. Dan loop ons verby 'n roosboom. Die soet reuk vul die aand en ons asem dit diep in, vind genot daarin. Een van ons maak die opmerking dat dit die mooiste roos is wat ons al gesien het. Die ander een wil weet hoe die roos lyk, wat die kleur is, of dit 'n knop is en of dit al oopgegaan het. Die eerste een buk af om dit van nader te bekyk en te voel. Die roos is so halfpad oop is die verklaring. En die kleur? Daar word weer gevoel en die oë word ingespan om te probeer onderskei wat die kleur is. Geen geluk. Helder soos die maanlig is, kan ons maar net raai en bespiegel. Ons weet nie werklik nie. Tog is ons tevrede, want in ons eie koppe het ons vir onsself besluit wat die roos se kleur is en die prentjie pas gemaklik, want ons het die roos presies gemaak wat ons wil hê dit moet wees. So loop ons verder in die maanlig en ons vul vir onsself die prentjies aan en kleur hulle in tot ons die wêreld gemaak het soos ons van hom hou. Lieflik en gerieflik, selfs geloofwaardig, maar nie 100% waar nie, selfs al vat ons tog partymaal per ongeluk raak.
Dit is hoe dit is om in die glorie van God te leef ... as daar iets tussen jou en God is. Jy sien, maar jy sien nie regtig nie. Jy weet, maar jy ken nie regtig nie. Jy het 'n vae buitelyn van wat aangaan, maar ware kennis ontbreek. Jy moet die maan uit die pad skuif sodat die son se strale direk op jou kan val voor jy werklike onderskeid kan tref. Dan sien jy, en jy weet, en jy hoef nie jou eie prentjie aan te vul en jou eie bestaan in te kleur nie.
Jesus word aangekondig met hierdie woorde in Matteus 4:16
"Die volk wat in duisternis woon, het 'n groot lig gesien; hulle wat in die skemerland van die dood lewe, vir hulle het die lig opgegaan."
Is dit nie tyd dat jy die dinge wat tussen jou en Jesus staan uit die pad skuif nie?
Kan ek vir jou die Afrikaanse vertaling van die openingsvers aanhaal?
"Die magtige teenwoordigheid van die Here het op Sinaiberg gebly, en ses dae het die wolk die berg omring. Op die sewende dag het die Here uit die wolk uit na Moses geroep."
Hoor vandag hoe God jou in Sy teenwoordigheid inroep.


Marietjie Uys (Miekie) is a published author. You can buy the books here:
You can purchase Designs By Miekie 1 here.
Jy kan Kom Ons Teken en Verf Tuinstories hier koop.
Jy kan Kom Ons Kleur Tuinstories In hier koop.
Jy kan Tuinstories hier koop.
You can follow Miekie's daily Bible Study blog, Bybel Legkaart, here in English & Afrikaans.
For more crafty ideas and great products, visit A Pretty Talent on Facebook.
Remember to keep nurturing your TALENT for making PRETTY things.
You can subscribe to this blog and receive regular updates by email by simply registering your email address at the top of the current blog.

No comments:

Post a Comment